Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Bookstorm

@ Sunday Times Books LIVE

Ekonomiese groei is die antwoord: Lees twee uittreksels uit Capitalist Crusader deur Herman Mashaba

Black Like YouCapitalist CrusaderHerman Mashaba is een van Suid-Afrika se bekendste entrepreneurs.

Armoede en politiek kon hierdie man nie onderkry nie. Die Black Like You-outeur het eiehandig die Suid-Afrikaanse haarprodukte-mark verander deur sy wêreldbekende Black Like Me-middels, ontwikkel en versprei ten spyte van ‘n hele paar struikelblokke. Vandag is hy ‘n bekroonde leier in die entrepreneursveld en besigheidswêreld en ‘n kampvegter vir sosiale geregtigheid.

In sy jongste boek deel Mashaba sy ontnugtering toe hy na 1994 moes besef dat ekonomiese vryheid nog nie almal se voorland is nie. Hy beskryf ook sy strewe na ekonomiese groei vir alle Suid-Afrikaners en beskryf die veranderinge wat die land nodig het om dit te bewerkstellig.

Lees twee vertaalde uittreksels uit Capitalist Crusader – Fighting Poverty Through Economic Growth om Mashaba se perspektief op Suid-Afrika beter te verstaan:

Kapitalisme is nié wortel van die kwaad

Toe Suid-Afrika in 1994 ’n demokrasie geword het, was ek al ’n suksesvolle kapitalis.

Dit was vir my onnodig om die swart ekonomiese bemagtiging (SEB) na te jaag.

Toe die parlement oor wetgewing vir SEB begin praat, het ek geweet dit sou met of sonder my ’n werklikheid in die land se ekonomiese landskap word. Ons het almal gedink die proses sou tydelik en pynloos wees. My wit kollegas het daagliks aan my deur geklop met die versoek dat ek in hul ondernemings belê.

Kind net vir geld in die wêreld gebring

Ek het in armoede grootgeword. Ek het gewoonlik nie geweet waar die volgende maaltyd vandaan sou kom nie en soms het ek geweet daar is daardie aand g’n maaltyd nie.

Sulke omstandighede maak een van drie dinge in ’n mens wakker: Jy word wanhopig, bitter of vasberade. Ek het al drie ervaar, maar uiteindelik was dit vasberadenheid, aangehelp deur geleenthede en harde werk, wat my gehelp het om uit die tronk van armoede te ontsnap.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment